Christiaan VII van Denemarke

Christiaan VII
Koning van Denemarke en Noorweë
Portret deur Alexander Roslin, c. 1772.
Portret deur Alexander Roslin, c. 1772.
Tydperk 14 Januarie 1766 - 13 Maart 1808
Voorganger Frederik V
Opvolger Frederik VI
Huis Oldenburg
Vrou Caroline Matilda van Groot-Brittanje
Vader Frederik V
Moeder Louise van Groot-Brittanje
Gebore (1749-01-29)29 Januarie 1749, Kopenhagen
Oorlede 13 Maart 1808 (op 59), Rendsburg

Christiaan VII (29 Januarie 1749 - 13 Maart 1808) was van 1766 tot met sy dood koning van Denemarke en Noorweë en Hertog van Sleeswyk-Holstein. Hy was van die Huis van Oldenburg en ’n seun van Frederik V en sy eerste vrou, Louise van Groot-Brittanje. Sy leuse was Gloria ex amore patriae ("Glorie deur ’n liefde vir die vaderland").[1]

Christiaan se bewind was gekenmerk deur geestesongesteldheid en hy was vir die grootste deel daarvan slegs in naam koning. Sy halfbroer Frederik is in 1772 aangewys as regent van Denemarke. Van 1784 tot met Christiaan VII se dood in 1808 het sy seun, later Frederik VI, as nieamptelike regent opgetree.[2]

  1. Magne Njåstad. "Christian 7" (in Noors). Store norske leksikon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2019. Besoek op 15 Augustus 2016.
  2. "Frederik the Heir Presumptive". kongernessamling. Besoek op 15 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search